Jeremiah 8:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dood sal verkies word liewer as die lewe deur die hele oorblyfsel van die wat oorbly van hierdie bose geslag, wat oorbly in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal wat dalk nog oorleef, sal verkies om eerder dood te wees as om daar te bly lewe waarheen Ek hulle wegjaag.” Dit is wat die Here, die Almagtige, sê! |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel, die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | Vir die res, vir almal wat daar miskien nog oor is, wat oorgebly het van hierdie slegte geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, sal die dood verkiesliker wees as die lewe, sê die Here die Almagtige. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dood sal verkieslik wees bo die lewe vir die res, almal wat oorbly van hierdie bose geslag op al die oorblywende plekke waarheen Ek hulle verdryf het,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van hierdie slegte mense wat Ek na ander plekke gejaag het, lewe nog, maar hulle sal wens hulle is ook dood.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die mense van hierdie bose nasie weggedryf na ander lande. Dié van hulle wat daar oorleef, sal verkies om liewer dood te wees as om te bly lewe. Dit is wat die Here sê wat sterker as alles en almal is!” |