Jeremiah 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal dit uitsprei voor die son en die maan en die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad het en vir wie hulle gedien het en na wie hulle gewandel en vir wie hulle gesoek en aanbid het; hulle sal nie versamel en nie begrawe word nie; hulle sal vir mis op die aarde wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal hierdie bene uitsprei onder die son, die maan en die sterre. Hulle het mos die son, die maan en die sterre as gode liefgehad, gedien en aanbid! Hulle sal die bene nie weer bymekaarmaak en begrawe nie. Dit sal soos mis bo-op die grond bly lê.
Afrikaans 1933/1953 en hulle sal dit uitsprei voor die son en voor die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad en gedien het, en waar hulle agter aan geloop het, en wat hulle gesoek en waarvoor hulle hul neergebuig het; dit sal nie versamel en begrawe word nie, mis sal dit op die aarde wees.
Afrikaans 1983 en uitsprei voor die son, die maan en al die ander hemelliggame vir wie hulle lief was en gedien het, agter wie hulle aangeloop het, vir wie hulle geraadpleeg het en voor wie hulle gebuig het. Die bene sal nie weer bymekaargemaak en begrawe word nie; soos mis sal hulle bo-op die grond bly lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en dit oopsprei voor die son en die maan en al die hemelliggame vir wie hulle lief was, wat hulle gedien het, waaragter hulle aangeloop het, wat hulle geraadpleeg het en voor wie hulle in aanbidding gebuig het. Dit sal nie weer bymekaargemaak en begrawe word nie. Dit sal mis word op die grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense sal die bene oral gooi, oral waar die son en die maan en al die sterre skyn. Die son en die maan en die sterre was hulle gode. Hulle was lief vir daardie gode en hulle het die gode gedien. Hulle het vir die gode gevra om hulle te help en hulle het voor die gode gebuig. Niemand sal die bene bymekaarmaak en begrawe nie, die bene sal soos mis op die grond wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie bene sal hulle uitpak onder die son, die maan en die sterre. Toe hierdie geraamtes nog geleef het, het hulle mos die son, die maan en die sterre as gode liefgehad en moeite gedoen om hulle te vereer. Die bene van die mense van Jerusalem sal nie weer begrawe word nie, maar sal soos mis bo-op die grond bly lê.