Jeremiah 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk die stem van die geroep van die dogter van my volk oor die wat in 'n ver land woon: Is die HERE nie in Sion nie? is haar koning nie in haar nie? Waarom het hulle My geterg met hulle gesnede beelde en met vreemde nietighede? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoor die gehuil van my mense oor die hele land: “Is die Here nie meer in Jerusalem nie? Is die Koning ook nie meer in die stad nie?” Die Here vra: “Hoekom het julle My geterg met julle afgodsbeelde en vreemde, nuttelose afgode?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is die hulpgeroep van die dogter van my volk uit 'n baie ver land: Is die HERE nie in Sion nie? Of is sy Koning nie daarin nie? Waarom het hulle My geterg met hulle gesnede beelde, met vreemde, nietige afgode? |
| Afrikaans 1983 | Hoor hoe benoud roep my volk uit 'n ver land: “Is die Here nie meer in Sion nie? Is Sion se Koning nie meer in hom nie?” Waarom tart hulle My met hulle afgodsbeelde, met hulle vreemde nikswerd gode? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoor daar! Die hulpgeroep van die dogter van my volk uit 'n ver land: “Is die Here nie in Sion nie? Is haar Koning nie in haar nie?” “ ‘ “Waarom tart hulle My met hulle gesnede beelde, met hulle vreemde, nietige afgode?” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want ek hoor my mense kla in 'n ver land. Hulle vra: “Is die Here nie meer in Sion nie? Woon die Koning nie meer daar nie?” Maar die Here vra: “Hoekom maak hulle My kwaad met hulle beelde, met ander volke se gode wat niks beteken nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoor die benoude geroep van my mense. Dit weerklink deur die hele land: ‘Is die Here nie meer in Jerusalem nie? Is die koning ook nie meer in die stad nie?’” Hierop antwoord die Here: “Waarom buig hulle voor nuttelose afgode wat met die hand gemaak is? Hulle maak My sommer baie kwaad!” |