Jeremiah 8:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, Ek stuur slange, snawels onder julle, wat nie bekoor sal word nie, en hulle sal julle byt, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Ek stuur die vyand soos giftige slange tussen julle in, adders wat julle nie kan besweer nie. Die slange sal julle pik.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, Ek stuur slange, basiliske onder julle waarteen daar geen beswering is nie, en hulle sal julle byt, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek stuur giftige slange onder julle in om julle te pik, sê die Here, adders wat niemand kan besweer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Ja, kyk, Ek stuur slange, kobras, onder julle in waarteen geen beswering bestaan nie. Hulle sal julle byt,” ’ ” is die uitspraak van die Here, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ja, Ek stuur nou die vyande tussen julle in. Hulle sal julle byt soos slange, en niemand sal hulle kan stop nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Ek stuur die vyand se soldate soos giftige slange tussen julle in. Julle kan hulle nie betower nie. Net mooi niks wat julle ook al probeer doen om dit te keer, sal help nie. Die slange sal julle pik en julle sal doodgaan.” |