Jeremiah 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die gesnuif van sy perde is van Dan af gehoor; want hulle het gekom en die land en alles wat daarin is, opgeëet; die stad en die wat daarin woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons kon alreeds uit Dan die gesnuif van die vyand se perde hoor! Die hele land het gebewe van die perde se gerunnik. Die vyand se plan was om ons land en alles daarin te kom verwoes, ook die stad en die mense wat daarin bly.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Van Dan af word die gesnuif van sy perde gehoor, vir die geluid van die gerunnik van sy perde bewe die hele land; en hulle kom en eet die land op en sy volheid, die stad en die wat daarin woon. |
| Afrikaans 1983 | Van Dan af hoor 'n mens die gesnuif van die vyand se perde; die gerunnik van sy perde laat die hele land bewe. Die vyand kom en verteer die land en alles daarbinne, elke stad met sy inwoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van Dan af hoor ons die geproes van die vyand se perde; vir die harde gerunnik van hulle hingste bewe die hele land. Hulle kom in en verslind die land met alles daarin, ook dorpe met die inwoners daarin.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande kom al klaar by die stad Dan verby. Hulle perde snork en runnik, en almal in die land bewe. Hulle sal kom en alles verwoes, die land en die plante, die stede en die mense wat daar woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons kon alreeds uit Dan, wat op die noordelike grens is, die gerunnik van die vyand se perde hoor. Al die mense van die land het begin bewe toe hulle besef dat die vyand se leër op pad is. Die vyand se plan was om ons land en alles wat daarop is te kom verwoes. Ook elke stad van ons en die mense wat daarin bly.” |