Jeremiah 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom sit ons stil? vergader julle en laat ons in die beskutte stede ingaan, en laat ons daar swyg, want die HERE onse God het ons tot swye gebring en ons galwater gegee om te drink, omdat ons teen die HERE gesondig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal die volk sê: “Hoekom sal ons hier bly sit? Kom ons gaan na die versterkte dorpe en sterf daar. Die Here ons God het reeds besluit dat ons moet vergaan. Hy het vir ons vergiftigde water gegee om te drink, want ons het teen die Here gesondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom bly ons sit? Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan en daar omkom; want die HERE onse God laat ons omkom, en Hy laat ons gifwater drink, omdat ons teen die HERE gesondig het. |
| Afrikaans 1983 | Waarom bly ons sit? Roep almal bymekaar, laat ons in die vestingstede ingaan en daar gaan omkom, want die Here ons God laat ons omkom. Hy gee ons gifwater om te drink, want ons het teen Hom gesondig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Waarom bly ons nog sit? Kom byeen! Laat ons in die versterkte stede ingaan, en daar omkom. Ja, die Here ons God laat ons omkom. Hy gee ons giftige water om te drink, omdat ons gesondig het teen die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die mense van Juda sal vir mekaar sê: ‘Hoekom sit ons? Kom ons gaan na die stede wat sterk mure het, kom ons gaan sterf daar, want ons God die Here wil ons laat sterf. Hy wil hê ons moet water drink wat giftig is, want ons het sonde gedoen teen Hom.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volk van die Here vra: “Hoekom sal ons hier op ’n hoop sit en doodgaan? Party van die stede is sterker gebou om mense in oorlogtye teen die vyand te beskerm. Kom ons gaan in hierdie stede in, want dan gaan ons ten minste dood terwyl ons probeer het om terug te baklei. Die Here ons God het reeds besluit dat ons moet doodgaan. Die Here wou hê dat ons aan Hom lojaal moes wees, maar ons was nie. Ons het die toets vir lojaliteit gedruip en daarom sal ons sterf. |