Jeremiah 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal hulle gewis verteer, spreek die HERE: daar sal geen druiwe aan die wingerdstok wees nie en geen vye aan die vyeboom nie, en die blare sal verwelk; en die dinge wat Ek hulle gegee het, sal van hulle verbygaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal hulle oeste wegneem,” sê die Here. “Daar sal geen druiwe aan die wingerdstokke wees nie. Daar sal geen vye aan die bome wees nie en die blare sal verdor. Wat Ek vir hulle gegee het, sal Ek weer terugneem,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek die HERE. Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, ja, die blare verdor. So het Ek ook vir hulle die bestel wat dwarsoor hulle sal gaan.
Afrikaans 1983 Wanneer Ek die oes by hulle kom insamel, sê die Here, is daar geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, selfs die blare is verdroog; daarom sal Ek my volk oorgee om vernietig te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Ek gaan hulle beslis wegvat,” ’ ” is die uitspraak van die Here. “ ‘ “Daar sal geen druiwe aan die wingerdstok wees nie, geen vye aan die vyeboom nie, en die blare sal verdor. Ek het dit aan die veroweraars gegee; hulle sal dit verwoes. ” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Hulle het nie gedoen wat hulle moet doen nie. Hulle was soos wingerdstokke en vyebome wat nie druiwe en vye gehad het toe Ek dit wou pluk nie, en die blare het verlep. Daarom sal Ek hulle vir ander mense gee om weg te vat.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het ook gesê: “Juda was soos ’n boord wat geen vrugte dra nie. Nutteloos! Hulle lewer niks goeds op nie. Hulle is soos ’n wingerd sonder druiwe of soos ’n vyeboom sonder vye. Selfs die blare is verdroog. Daarom sal hulle al die goeie dinge verloor wat Ek vir hulle gegee het.”