Jeremiah 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Was hulle skaam toe hulle gruwels gepleeg het? ja, hulle was glad nie beskaamd nie en kon nie bloos nie; daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd van hulle besoeking sal hulle neergewerp word, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Is hulle glad nie skaam oor al die afstootlike dinge wat hulle doen nie? Nee, hulle bloos nie eers nie! Daarom sal hulle tussen die gesneuweldes lê. Wanneer Ek hulle straf, sal Ek hulle verneder,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; en die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE.
Afrikaans 1983 Wanneer hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het, skaam hulle hulle nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie. Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle; wanneer hulle rekenskap moet gee, sal hulle omkom, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Staan hulle beskaamd omdat hulle afstootlik opgetree het? Nee! Erger nog, hulle skaam hulle hoegenaamd nie; om skaam te wees, dit ken hulle nie! Daarom sal hulle val saam met die gesneuweldes; in die tyd wanneer met hulle afgereken word, sal hulle tot 'n val kom,” ’ ” het die Here gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het slegte dinge gedoen wat Ek haat, maar hulle het nie skaam geword nie, hulle is nie jammer nie. Daarom sal hulle ook sterf in die oorlog, Ek sal hulle straf, en hulle sal sterf.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is hulle miskien skaam oor al die afstootlike goed wat hulle doen? Nee, hulle bloos nie eens nie. Hulle het nie ’n idee wat dit is om skaam te wees nie. Hulle sal ondergaan soos ander mense voor hulle ondergegaan het. Wanneer Ek hulle straf, sal dit klaarpraat wees met hulle,” sê die Here.