Jeremiah 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle het die seer van die dogter van my volk effens genees deur te sê: Vrede, vrede! wanneer daar geen vrede is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle pogings om my volk se wonde te genees, is oppervlakkig. Hulle sê: ‘Vrede, vrede,’ terwyl daar geen vrede is nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! -- terwyl daar geen vrede is nie.
Afrikaans 1983 Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk. Hulle sê net: “Alles is reg! Alles is reg!” Maar niks is reg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle wil die ineenstorting van die dogter van my volk op 'n maklike manier herstel deur te sê, ‘Vrede, vrede!’ maar daar is geen vrede nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle dink alles sal maklik regkom as hulle sê: ‘Daar sal vrede wees, daar sal vrede wees,’ maar daar is nie vrede nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle gee sommer goedkoop oplossings vir die probleme van my volk. Hulle maak of alles reg is as hulle sê ‘vrede, vrede’ terwyl dit allesbehalwe rustig en vreedsaam gaan.