Jeremiah 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek hulle vroue aan ander gee, en hulle landerye aan die wat hulle sal erf, want elkeen van die kleinste tot die grootste is aan hebsug oorgegee, van die profeet af tot die priester handel elkeen vals.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle vroue en grond vir invallers gee, want almal van my volk, klein en groot, bedrieg om te kry wat nie aan hulle behoort nie. Selfs die priesters en die profete doen sulke oneerlike dinge.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal Ek hulle vroue aan ander gee, hulle landerye aan veroweraars; want van die kleinste tot die grootste maak hulle almal onregverdige wins; van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.
Afrikaans 1983 Ek sal hulle vrouens aan ander gee en hulle grond aan nuwe eienaars, want almal, klein en groot, wil hulleself net verryk, almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom gee Ek hulle vroue aan ander, en hulle landerye aan veroweraars; want klein en groot, almal maak onregverdige wins, van profeet tot priester, almal pleeg bedrog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Omdat dit so is, sal Ek hulle vroue vir ander mense gee en sal Ek ander mense bring om hulle grond te vat, want almal, klein en groot, wil ryk word van ander mense se goed, en die profete en priesters bedrieg my volk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hulle vroue en hulle plase vir ander mense gee. Almal van hulle, of hulle nou klein of groot is, wil ryk word, al is dit nou ook deur ’n ander mens te bedrieg. Selfs die sogenaamde profete van die Here en die godsdienstige leiers doen oneerlike dinge.