Jeremiah 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié tyd, spreek die HERE, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uitbring, uit hulle grafte: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “In dié tyd sal die vyand die grafte oopmaak. Hulle sal die geraamtes van die konings van Juda en die leiers uit die grafte haal, asook die geraamtes van die priesters, die profete en die gewone mense van Jerusalem. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tyd, spreek die HERE, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal, |
| Afrikaans 1983 | Daardie tyd, sê die Here, sal hulle die bene van die konings van Juda en dié van die land se amptenare, die priesters, die profete en die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte haal |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “In daardie tyd,” is die uitspraak van die Here, “sal hulle die beendere van die konings van Juda, die beendere van die •hoë amptenare, die priesters, die profete en die beendere van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte haal |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “In daardie tyd sal mense die bene van die konings van Juda uit hulle grafte uithaal, en ook die bene van die koning se amptenare, en die bene van die priesters en die profete en die mense wat in Jerusalem woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “In dié tyd sal die vyand die grafte van die mense wat in Jerusalem bly, oopmaak. Hulle sal geen graf uitlos nie. Hulle sal die geraamtes van die konings van Juda en die leiers uithaal. Hulle sal ook die geraamtes van die priesters, die profete van die Here en die bene van die gewone mense uit die grafte haal. |