Jeremiah 7:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal julle steel, moor en egbreuk pleeg en vals sweer en vir Baäl rook laat opgaan en agter ander gode aan loop wat julle nie ken nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dink julle regtig julle kan maar steel, mense vermoor, egbreuk pleeg, lieg, wierookoffers vir Baäl bring en al die nuwe gode wat julle nie geken het nie, dien |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal julle steel, doodslaan en owerspel bedrywe en vals sweer en vir Baäl offerrook laat opgaan en agter ander gode aan loop, wat julle nie ken nie, |
| Afrikaans 1983 | Julle kan mos nie steel, moor, egbreuk pleeg, vals ede aflê, wierookoffers vir Baäl bring, ander gode dien vir wie julle glad nie ken nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ Sal julle steel, moord pleeg, egbreuk pleeg, vals sweer, vir Baäl offers verbrand, agter ander gode aanloop vir wie julle nie ken nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle steel en vermoor mense en pleeg egbreuk, julle belowe dinge wat julle nie wil doen nie, en julle vertel leuens, julle bring wierook-offers vir Baäl en julle dien ander gode wat julle nie geken het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink julle regtig julle kan maar voortgaan om te steel, mense te vermoor, julle huweliksmaat te bedrieg en te lieg? Asof dit nie al is nie, bring julle ook offers vir die god Baäl. Op die koop toe dien julle nog sommer ’n klomp ander gode wat julle vroeër nie eens geken het nie. |