Jeremiah 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle die vreemdeling, die wees en die weduwee nie verdruk en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie, en nie agter ander gode aan loop tot julle skade nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet ook ophou om vreemdelinge, weduwees en weeskinders uit te buit. Verder moet julle ophou om onskuldige mense te vermoor. Dit geld ook as julle sal ophou om julleself skade aan te doen deur ander gode te dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie -- |
| Afrikaans 1983 | moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees onreg aandoen nie, moenie mense onskuldig om die lewe bring in hierdie land nie en moenie ander gode dien nie. Dit sal onheil oor julle bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | •vreemdelinge, vaderloses en weduwees nie verdruk nie, nie onskuldige bloed vergiet op hierdie plek nie, en agter ander gode nie aanloop tot onheil vir julleself nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | julle moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees laat swaarkry nie, julle moenie onskuldige mense laat doodmaak nie, en julle moenie ander gode dien nie, want dan sal dit sleg gaan met julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie mense wat nie van Juda af kom sleg behandel en uitbuit nie. Ook nie weduwees en weeskinders nie. Ek sal ook nie so hard met julle wees as julle sal ophou om onskuldige mense in julle land te vermoor nie. Dit geld ook as julle sal ophou om julleself skade aan te doen deur ander gode te dien. |