Jeremiah 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vertrou nie op leuenagtige woorde nie, wat sê: Die tempel van die HERE, die tempel van die HERE, die tempel van die HERE, is dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie julle laat mislei deur mense wat vir julle sê dat julle veilig is omdat die tempel van die Here in Jerusalem is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vertrou nie op bedrieglike woorde nie -- wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit! |
| Afrikaans 1983 | Moenie julle vertroue stel in leuens nie. Julle sê: “Ons is veilig! Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet julle vertroue nie stel op bedrieglike woorde deur te sê, ‘Die •tempel van die Here, die tempel van die Here, die tempel van die Here is dit!’ nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie dink dit sal goed gaan wanneer mense sê: ‘Hierdie is die tempel van die Here, die tempel van die Here, die tempel van die Here!’ nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie julle laat mislei deur mense wat vir julle sê dat julle veilig is omdat die tempel van die Here in Jerusalem is nie. |