Jeremiah 7:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal Ek uit die stede van Juda en uit die strate van Jerusalem die stem van vreugde en die stem van blydskap, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid laat ophou, want die land sal 'n wildernis wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die vrolike sang en gelag van die mense in die strate van Jerusalem stilmaak. Selfs in die dorpe van Juda sal ’n mens nie meer die opgewonde stemme van bruidegomme en bruide hoor nie. Die land sal ’n verlate plek van bouvalle wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal uit die stede van Juda en uit die strate van Jerusalem laat ophou die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid; want die land sal 'n puinhoop word. |
| Afrikaans 1983 | In die stede van Juda en in die strate van Jerusalem sal Ek 'n einde maak aan vreugde en gejuig, aan die vrolikheid van huweliksfeeste. Die land sal 'n puinhoop word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal in die dorpe van Juda en in die strate van Jerusalem die geluid van vrolikheid en vreugde laat verdwyn, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid uitdoof, want die land sal 'n puinhoop word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die stede van Juda en in die strate van Jerusalem sal niemand feesvier en vrolik wees nie, en niemand sal daar trou nie, want die land sal verwoes wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die vrolike sang en die lekker gelag van die mense in die strate van Jerusalem stil maak. Selfs in die stede van Juda sal ’n mens nie meer die opgewonde stemme van bruidegomme en bruide hoor nie. Die land sal ’n verlate plek van bouvalle wees.” |