Jeremiah 7:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat dit nie meer Tofet genoem sal word nie en ook nie die dal van die seun van Hinnom nie, maar die dal van slagting; want hulle sal in Tofet begrawe word totdat daar geen plek is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê die Here: “Pas op, die tyd kom dat hulle hierdie plek nie meer Tofet of Ben-Hinnomdal sal noem nie, maar Moorddal. Hulle sal so baie mense in Tofet begrawe dat daar nie meer plek vir al die grafte sal wees nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat nie meer gesê sal word: Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal. En hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees nie.
Afrikaans 1983 Daarom kom daar dae, sê die Here, dat hulle dit nie meer Tofet of Ben-Hinnomdal sal noem nie, maar Moorddal. Hulle sal daar mense begrawe omdat daar nie elders meer plek sal wees vir grafte nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer daar nie meer gesê sal word ‘Tofet’ en ‘Ben-Hinnomdal’ nie, maar ‘Moorddal’. Hulle sal in Tofet mense begrawe vanweë 'n gebrek aan plek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer die mense nie meer sal praat van die plek in die Hinnom-vallei waar hulle vuur gemaak het nie, hulle sal die plek noem ‘Moord-vallei.’ En hulle sal die mense wat sterf, daar begrawe, omdat daar nie ander plek vir grafte sal wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sê die Here: Pas op, die tyd kom dat hierdie plek nie meer Tofet of die Hinnomlaagte genoem sal word nie, maar Moorddal. Hulle sal so baie mense in Tofet begrawe dat daar nie plek vir al die grafte sal wees nie.