Jeremiah 7:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die hoogtes van Tofet gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters met vuur te verbrand; wat ek hulle nie beveel het nie, en dit het nie in my hart opgekom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het heidense hoogtes in Tofet in die Hinnomlaagte gebou. Daar het hulle hulle seuns en dogters in die vuur geoffer. Ek het hulle nooit opdrag gegee om sulke afgryslike dinge te doen nie. Dit is nie eers iets waaraan Ek ooit sou dink nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die hoogtes van Tofet gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters met vuur te verbrand -- iets wat Ek nie beveel het nie en in my hart nie opgekom het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die hoogte van Tofet in die Ben-Hinnomdal gebou om daar hulle seuns en dogters in die vuur te offer. Dit was teen my bevel, so iets het selfs nie in my gedagte opgekom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die offerhoogtes van Tofet in die Ben-Hinnomdal gebou om hulle seuns en dogters met vuur te verbrand – iets wat Ek nie beveel het nie, en wat nie in my gedagtes opgekom het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En hulle het 'n offer-plek gebou in die Hinnom-vallei waar hulle vuur gemaak het en hulle seuns en dogters verbrand het. Ek het nie gesê hulle moet dit doen nie, Ek het nooit aan so iets gedink nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ’n heidense offerplek gebou en dit Tofet genoem. Hulle het dit in die Hinnomlaagte gedoen. Daar het hulle hulle seuns en dogters met vuur verbrand. Ek het nooit opdrag gegee dat hulle sulke afgryslike goed moet doen nie. Dit is nie eens iets waaraan Ek sou dink nie. |