Jeremiah 7:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die kinders van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë, spreek die HERE: hulle het hul gruwels opgestel in die huis waaroor my Naam uitgeroep is, om dit te ontheilig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die mense van Juda het dinge gedoen wat vir My verkeerd is,” sê die Here. “Hulle het in my tempel beelde van hulle afgode gesit. Hulle het die tempel onrein gemaak.
Afrikaans 1933/1953 Want die kinders van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë, spreek die HERE. Hulle het hul verfoeisels gesit in die huis waaroor my Naam uitgeroep is, om dit te verontreinig.
Afrikaans 1983 Die Judeërs het gedoen wat verkeerd is in my oë, sê die Here: hulle het hulle afskuwelike afgode gesit in die huis wat na my Naam genoem is en dit so ontwy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ja, die nageslag van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë,” is die uitspraak van die Here. “Hulle het hulle verfoeilike afgode geplaas in die huis waaroor my Naam uitgeroep is, om dit te verontreinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek het dit gedoen omdat die mense van Juda dinge gedoen het waarvan Ek nie hou nie. Hulle het afgodsbeelde neergesit in die tempel wat my Naam het en hulle het my tempel ontwy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Die mense van Juda het verkeerde dinge gedoen waarvan Ek net mooi niks hou nie. Hulle het beelde van afgode in my tempel gesit. Deur dit te doen het hulle gemaak dat die tempel nie meer ’n spesiale plek vir die Here was nie.