Jeremiah 7:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sny jou hare af, o Jerusalem, en gooi dit weg, en hef 'n klaaglied aan op hoogtes; want die HERE het die geslag van sy grimmigheid verwerp en verlaat.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Inwoners van Jerusalem, sny julle hare af soos julle rou en gooi dit weg. Huil van smart op die kaal heuwels. Die Here het hierdie geslag verwerp, hulle wat sy toorn laat ontbrand het!’”
Afrikaans 1933/1953 Skeer jou mooi hare af, o Jerusalem, en gooi dit weg, en hef op die kaal heuwels 'n klaaglied aan; want die HERE het die geslag van sy grimmigheid verwerp en verstoot.
Afrikaans 1983 Sny af die hare wat jy as nasireër laat groei het en gooi dit weg, sing op die heuwels 'n klaaglied, want die Here het die volk wat sy toorn laat ontbrand het, verwerp en verstoot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sny jou lang hare af, Jerusalem, en gooi dit weg! Hef op die woestynpaaie 'n klaaglied aan. Want die Here het verwerp, Hy het die geslag wat sy gramskap opwek, prysgegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jerusalem, jy dink jy is 'n nasireër, maar jy moet jou lang hare afknip en 'n klaaglied sing op die heuwels waar daar nie plante groei nie. Jy moet huil en treur oor jou mense wat dood is, want die Here het sy volk gelos omdat Hy kwaad is vir hulle. Vyande het hulle weggevat.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense van Jerusalem, sny julle hare af en gooi dit weg. Sing ’n treurlied op die kaal heuwels. Die Here het julle verwerp. Hy sal julle in die steek laat, want julle het Hom baie kwaad gemaak.”