Jeremiah 7:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar jy moet vir hulle sê: Dit is 'n nasie wat na die stem van die HERE hulle God nie luister nie en die tugtiging nie aanneem nie; die waarheid het verlore gegaan en uit hulle mond uitgeroei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir hulle: ‘Julle is die volk wat nie na die Here julle God wou luister nie. Julle laat julle ook nie leer nie. Julle ken nie meer iets soos waarheid nie en praat dit ook nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê dan vir hulle: Dit is die nasie wat na die stem van die HERE hulle God nie geluister het nie en die tugtiging nie aangeneem het nie; die opregtheid het verdwyn en is uitgeroei uit hulle mond. |
| Afrikaans 1983 | Sê vir hulle hulle is 'n nasie wat ongehoorsaam is aan die Here hulle God en wat hulle nie laat leer nie. Waarheid het verdwyn, dit word nie meer by hulle gehoor nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan moet jy vir hulle sê, ‘Dit is die nasie wat nie na die stem van die Here hulle God luister nie en teregwysing nie aanvaar nie. Betroubaarheid het verdwyn, dit is uitgewis uit hulle monde. ’ ” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal jy van hulle sê: ‘Hulle is die volk wat nie gehoorsaam was aan hulle God die Here nie en wat nie gedoen het wat Hy vir hulle gesê het nie. Daar is niks wat reg is by hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê vir hulle: Julle is die volk wat nie na die Here julle God wou luister nie. Julle laat julle ook nie leer nie. Hulle ken nie meer iets soos waarheid nie. Dit is nie iets wat oor hulle lippe kom nie. |