Jeremiah 7:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle het nie na My geluister en nie hul oor geneig nie, maar hul nek verhard; hulle het erger gedoen as hul vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar my volk het nie na My geluister nie. Hulle het hulle geensins aan My gesteur nie. Hulle het net nog meer teen My in opstand gekom. Hulle was nog erger as hulle voorouers. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar hulle het na My nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard; hulle het dit erger gemaak as hul vaders. |
| Afrikaans 1983 | Maar die volk het nie na My geluister nie en hulle nie aan My gesteur nie, hulle het hardkoppig gebly en meer kwaad as hulle voorvaders gedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hierdie volk het nie na My geluister nie, nie hulle ore oopgemaak nie. Hulle was hardnekkig en het hulle nog slegter gedra as hulle voorouers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie, julle was hardkoppig en julle was slegter as julle voorvaders. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar my volk wou nie na My luister nie. Hulle het hulle glad nie aan My gesteur nie. Hulle het net meer teen My in opstand gekom. Hulle was nog erger as hulle voorouers. |