Jeremiah 7:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle het nie geluister en nie hul oor geneig nie, maar gewandel in die raadslae en in die verbeelding van hul bose hart en agteruit gegaan en nie vorentoe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar my volk het nie na My geluister nie en hulle nie aan My gesteur nie. Hulle het gemaak soos hulle wou. Hulle het hulle eie idees gevolg en verkeerd gedoen sodat hulle agteruitgegaan het in plaas van vorentoe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle het nie geluister nie en hulle aan My nie gesteur nie. Hulle was hardkoppig en moedswillig, hulle het hulle eie kop gevolg, sodat hulle versleg het in plaas van te verbeter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hulle het nie geluister nie, nie hulle ore oopgemaak nie. Hulle het voortgegaan met hulle eie planne, in die verstoktheid van hulle bose harte. Hulle het agteruit gegaan en nie vooruit nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar julle voorvaders was nie gehoorsaam nie, hulle het nie geluister nie. Hulle het gelewe soos hulle self gedink het, hulle was hardkoppig en hulle het gelewe soos hulle slegte harte vir hulle gesê het. Hulle wou nie naby My wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar my volk het nie na My geluister nie en hulle nie aan My gesteur nie. Hulle het gemaak soos hulle wou. Hulle het hulle eie kop gevolg en verkeerd gedoen. Op die ou einde het dit net al hoe slegter met hulle gegaan. |