Jeremiah 7:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, my toorn en my grimmigheid sal uitgestort word oor hierdie plek, oor mense en oor diere en oor die bome van die veld en oor die vrugte van die aarde; en dit sal brand en nie uitgeblus word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê die oppermagtige Here: “Ek sal my woede en my straf oor hierdie land uitgiet. My woede is soos ’n vuur wat nie geblus kan word nie. Dit sal al die mense, diere, bome en die oeste verteer.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my toorn en my grimmigheid sal uitgestort word oor hierdie plek, oor die mense en oor die diere en oor die bome van die veld en oor die vrugte van die land; en dit sal brand en nie uitgeblus word nie.
Afrikaans 1983 Daarom, sê die Here my God, laat Ek my gloeiende toorn oor hierdie land kom, oor mens en dier, oor die bome in die veld en die opbrengs van die land. My toorn sal bly brand en nie tot bedaring gebring kan word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom,” so sê die Heer, die Here, “Kyk, my toorn en my woede sal uitbars teen hierdie plek, oor mens en dier, oor die bome van die veld en oor die opbrengs van die landerye. Dit sal brand en nie geblus word nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sê die Here: “Ek is kwaad en Ek sal almal en alles in hierdie plek straf: mense en diere, bome en plante. Dit sal wees soos 'n vuur wat aanhou brand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sê die Here wat die meeste mag van almal het: “Ek sal hierdie land my woede en my straf laat voel. My woede is soos ’n vuur wat nie doodgemaak kan word nie. Dit sal al die mense, diere, bome en die oeste op die land verteer.”