Jeremiah 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Staan in die poort van die huis van die HERE en roep daar hierdie woord uit en sê: Hoor die woord van die HERE, hele Juda, wat deur hierdie poorte ingaan om die HERE te aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir Jeremia gesê: “Gaan na die ingang van die Here se tempel en dra die boodskap oor wat Ek vir jou gegee het. Sê vir die Judeërs: “‘Almal van julle wat na die tempel toe kom om die Here te aanbid, luister na die boodskap van die Here.
Afrikaans 1933/1953 Staan in die poort van die huis van die HERE, en roep hierdie woord daar uit en sê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda, wat deur hierdie poorte ingaan om die HERE te aanbid!
Afrikaans 1983 Gaan staan in die poort van die huis van die Here en roep daar hierdie woorde uit: Al julle Judeërs wat by hierdie poorte ingaan om die Here te dien, hoor die woord van die Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gaan staan by die poort van die huis van die Here. Roep hierdie woorde daar uit en sê, ‘Hoor die woord van die Here, die hele Juda wat by hierdie poorte ingaan om voor die Here in aanbidding te buig!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet in die poort gaan staan tussen die paleis en die tempel en jy moet hard praat en sê: Al die mense van Juda wat deur hierdie poorte kom om die Here te aanbid, julle moet hoor wat sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir Jeremia gesê: “Gaan na die ingang van die Here se tempel en dra die boodskap oor wat Ek vir jou gegee het. Sê: Judeërs, almal van julle wat na die tempel toe kom om die Here te kom dien, hoor wat sê die Here.