Jeremiah 7:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terg hulle my tot toorn? spreek die HERE: terg hulle hulle nie tot verwarring van hul eie aangesig nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here vra: “Is dit vir My wat hulle seermaak? Nee, hulle veroorsaak hulle eie seerkry en vernedering.”
Afrikaans 1933/1953 Terg hulle My? spreek die HERE. Doen hulle dit nie aan hulleself tot beskaming van hul aangesig nie?
Afrikaans 1983 Is dit vir My wat hulle seermaak? vra die Here. Nee, hulle maak hulleself seer en hulle bring skande oor hulleself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tart hulle My?” is die uitspraak van die Here. “Tart hulle nie hulleself nie, sodat hulle beskaamd sal staan?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar dit is nie vir My wat hulle ongelukkig maak nie, hulle maak hulleself ongelukkig, dit is húlle wat sal swaarkry.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil vra: Wat dink hulle, dat Ek nou eintlik die een is wat gaan seerkry? Nee, hulle trek aan die kortste end. Hulle veroorsaak hulle eie seerkry en vernedering.”