Jeremiah 7:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie hulle deeg om vir die hemelkoningin koeke te maak en drankoffers uit te giet vir ander gode, om My tot toorn te terg.
Afrikaans (NLV) 2011 Geen wonder Ek is woedend nie! Die kinders maak hout bymekaar en die pa’s maak die vuur. Die vroue knie deeg en hulle bak koekies om aan die koningin van die hemel te offer en hulle bring drankoffers vir ander afgode! En dit alles net om my eer te krenk.”
Afrikaans 1933/1953 Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.
Afrikaans 1983 Kinders maak hout bymekaar, die mans steek vure aan en die vrouens knie deeg om koeke te bak vir die koningin van die hemel. Hulle bring ook drankoffers aan ander gode om My seer te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kinders maak hout bymekaar, en die pa's steek die vuur aan. Die vroue knie deeg om offerkoeke gereed te kry vir die koningin van die hemel, en hulle giet drankoffers uit vir ander gode, net om My te tart.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seuns kap hout en die pa’s maak vuur en die vroue knie deeg en bak koeke vir die koningin van die hemel. Hulle bring drank-offers vir ander gode om My ongelukkig te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit maak My woedend! Die kinders maak hout bymekaar. Die pa’s is besig om vuur te maak. Die vroue knie deeg en bak koeke vir die afgod wat hulle die koningin van die hemel noem. Vir hulle ander afgode bring hulle drank om hulle te plesier.