Jeremiah 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bid dan nie vir hierdie volk nie, en hef geen geroep of gebed vir hulle op nie, en tree nie by My in nie, want Ek sal jou nie verhoor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jeremia, moenie meer vir Juda bid nie. Moenie oor hulle huil of vir hulle bid nie. Moet ook nie namens hulle by My kom hulp vra nie. Ek sal nie na jou luister nie.
Afrikaans 1933/1953 En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie, want Ek sal na jou nie luister nie.
Afrikaans 1983 Jy moenie vir hierdie volk bid nie. Moet My nie ter wille van hulle smeek en by My vir hulle voorspraak probeer doen nie. Ek sal nie na jou luister nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ En jy, jy moenie vir hierdie volk bid nie; moenie vir hulle 'n klaagroep, 'n gebed opstuur nie, en moenie by My pleit nie. Want Ek sal glad nie na jou luister nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En jy, Jeremia, jy moenie vir hierdie volk bid nie, jy moenie vir My soebat dat Ek weer goed moet wees vir hulle nie, want Ek sal nie na jou luister nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Moenie meer vir Juda bid nie, Jeremia. Moet ook nie by My kom huil of vir hulle bid nie. Dit sal ook nie help dat jy namens hulle by My kom hulp vra nie. Ek sal nie na jou luister nie.