Jeremiah 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal julle van my aangesig verdryf, soos Ek al julle broers, die hele nageslag van Efraim, verdryf het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal julle in ballingskap laat gaan soos met Israel gebeur het.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal julle van my aangesig wegwerp soos Ek al julle broers, die hele geslag van Efraim, weggewerp het. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal julle verwerp soos Ek julle broers, die hele nageslag van Efraim, verwerp het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal julle wegwerp uit my teenwoordigheid, soos Ek al julle broers, die hele nageslag van Efraim, weggewerp het.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sal julle weggooi soos Ek julle familie, die hele nageslag van Efraim, weggegooi het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan toelaat dat ’n vyand julle uit julle land uit wegvat. Dit het met julle familie in die noordelike gebied, Israel, gebeur, nou is dit julle voorland.” |