Jeremiah 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek doen met hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, waarop julle vertrou, en met die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, soos Ek aan Silo gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos Ek Silo vernietig het, so sal Ek verseker maak met hierdie tempel wat tot my eer opgerig is, hierdie plek wat Ek vir julle en julle voorouers gegee het.
Afrikaans 1933/1953 daarom sal Ek aan die huis waaroor my Naam uitgeroep is, waar julle op vertrou, en aan die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, doen soos Ek aan Silo gedoen het.
Afrikaans 1983 Daarom gaan Ek met hierdie huis wat na my Naam genoem is, en waarin julle julle vertroue stel, en met hierdie land wat Ek aan julle en aan julle voorvaders gegee het, net so maak soos Ek met Silo gemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal Ek met hierdie huis, waaroor my Naam uitgeroep is, waarop julle vertrou, die plek wat Ek aan julle en julle voorouers gegee het, doen wat Ek met Silo gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal Ek met die plek wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het, hierdie tempel wat my Naam het, doen soos Ek met Silo gedoen het. Julle dink hierdie tempel sal dit goed laat gaan met julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Silo bestaan nie meer nie, Ek het die plek verwoes. Julle het al julle hoop op my tempel geplaas. Dit gaan julle niks help nie, want Ek gaan my tempel hier in Jerusalem verwoes net soos Ek Silo tot niet gemaak het. Presies dieselfde gaan gebeur met hierdie land wat Ek aan julle en julle voorouers gegee het.