Jeremiah 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, omdat julle al hierdie werke gedoen het, spreek die HERE, en Ek het met julle gespreek, vroeg opgestaan en gespreek, maar julle het nie gehoor nie; en Ek het julle geroep, maar julle het nie geantwoord nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: Ek het aanhoudend met julle gepraat oor die verkeerde dinge wat julle doen, maar julle wou nie luister nie. Ek het julle probeer terugroep, maar julle het nie na My geluister nie.
Afrikaans 1933/1953 Omdat julle dan nou al hierdie dinge gedoen het, spreek die HERE, en Ek met julle gespreek het, vroeg en laat, maar julle nie geluister het nie, en Ek julle geroep, maar julle nie geantwoord het nie,
Afrikaans 1983 Julle het al hierdie dinge gedoen, sê die Here. Ek het vroeg en laat met julle gepraat, maar julle het nie geluister nie; Ek het julle geroep, maar julle het nie geantwoord nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nou, omdat julle al hierdie dinge gedoen het,” ’ is die uitspraak van die Here, ‘ “en Ek aanhoudend met julle gepraat het, maar julle nie geluister het nie, Ek julle geroep het, maar julle nie geantwoord het nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou, julle het al hierdie dinge gedoen. Ek het aangehou om met julle te praat, maar julle het nie geluister nie, Ek het julle geroep, maar julle het nie geantwoord nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Ek het aanhoudend met julle gepraat omdat julle hierdie verkeerde dinge gedoen het, maar julle wou nie na My luister nie. Ek het hard probeer om julle te laat besef dat julle nie reg doen nie, maar julle het My geïgnoreer.