Jeremiah 7:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar gaan nou na my plek wat in Silo was, waar Ek my Naam eers gestel het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Gaan na my plek in Silo waar Ek voorheen die tabernakel tot my eer opgerig het. Kyk wat het Ek met Silo gedoen omdat my volk Israel bose dinge gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Want gaan tog na my plek wat in Silo was, waar Ek my Naam vroeër laat woon het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk Israel.
Afrikaans 1983 Gaan na Silo toe, na die plek waar Ek voorheen my Naam laat woon het, gaan kyk wat Ek aan hom gedoen het oor die sonde van my volk Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “ Ja, gaan gerus na my plek wat in Silo was, waar Ek vroeër my Naam laat woon het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk, Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want gaan na die stad Silo, na die plek wat my Naam gehad het en waar Ek voorheen gewoon het. Gaan kyk wat Ek met daardie plek gedoen het omdat my volk Israel sonde gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan na Silo toe waar julle My eers aanbid het. Kyk wat het Ek met Silo gemaak omdat my volk Israel verkeerde dinge gedoen het.”