Jeremiah 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, in julle oë 'n rowerskuil geword? Kyk, selfs Ek het dit gesien, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Dink julle my tempel, wat my Naam eer, is ’n wegkruipplek vir moordenaars? Ont-hou, Ek sien al die boosheid wat daar aangaan, sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Is hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, 'n spelonk van moordenaars in julle oë? Ook Ek -- kyk, Ek het dit gesien, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Het hierdie huis wat na my Naam genoem is, vir julle 'n rowerspelonk geword? Ek het gesien wat julle doen, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Het hierdie huis, waaroor my Naam uitgeroep is, 'n grot van struikrowers geword in julle oë? Ook Ek, kyk, Ek het dit gesien,” ’ is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dink julle hierdie tempel wat my Naam het, is 'n plek waar diewe veilig is? Julle moet weet, Ek sien wat hier gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê My, dink julle dat my tempel ’n wegkruipplek vir skelms behoort te wees? Onthou, Ek sien wat julle doen,” sê die Here.