Jeremiah 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Hulle sal die oorblyfsel van Israel heeltemal afhaal soos 'n wingerdstok; draai jou hand terug soos 'n druiwegaarder in die mandjies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, sê: “Laat hulle die oorblyfsel van Israel afoes soos ’n mens ’n wingerd afoes. Laat jou hand weer oor die ranke gaan soos iemand wat elke tros druiwe wil pluk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: Hulle sal die oorblyfsel van Israel skoon afoes soos 'n wingerdstok. Slaan jou hand weer soos 'n druiwesnyer aan die lote! |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: Oes die oorblyfsel van Israel af soos 'n mens 'n wingerd afoes, bring jou hand soos 'n druiweplukker weer en weer terug na die ranke toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Soos met die naoes van 'n wingerdstok, sal hulle die oorblyfsel van Israel skoon afoes. Bring jou hand telkens terug na die lote soos een wat druiwe snoei!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Dit is nog net die mense van Juda wat lewe, maar die Assiriërs moet nog meer van hulle kom doodmaak. Die Assiriërs moet hulle doodmaak soos mense die ranke in 'n wingerd afsny.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “’n Wingerd word dikwels ’n tweede keer deurgewerk op soek na trossies druiwe wat dalk oorgeslaan is. Dieselfde sal met Israel gebeur. Party van die mense is reeds uit die land uit weggevat. Maar die mense wat in die land agtergebly het, sal weer aangeval word.” |