Jeremiah 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos 'n fontein sy waters uitstoot, so dryf sy haar boosheid uit; geweld en buit word in haar gehoor; voor my is voortdurend verdriet en wonde.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos ’n put wat aanhou vars water gee, so hou die mense van die stad aan met onreg. In die stad hoor ’n mens die klank van geweld en mishandeling. Ek sien voortdurend net siek en gewonde mense.
Afrikaans 1933/1953 Soos 'n put sy water fris hou, so hou sy haar boosheid fris; geweld en verdrukking word in haar gehoor, siektes en wonde is gedurig voor my aangesig.
Afrikaans 1983 Soos 'n put sy water vars hou, so hou die stad sy boosheid vars; al waarvan Ek daar hoor, is geweld en vernietiging, al wat Ek sien, siekte en wonde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos 'n put sy water vars hou, hou sy haar boosheid vars. ‘Geweld!’ en ‘Verdrukking!’ word in haar gehoor. Voor my oë is daar voortdurend lyding en verwonding.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Put hou aan om vars water te gee, en net so hou hulle aan om verkeerde dinge te doen. Ek hoor hoe hulle mense laat swaarkry en hoe hulle die mense seermaak, Ek sien altyd net siekte en seerplekke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jerusalem is soos ’n put wat aanhou vars water gee. Die mense van die stad hou net aan met geweld en die mishandeling van mense. Ek sien net altyd mense wat siek is en gewond in die stad lê.