Jeremiah 6:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die herders met hulle kleinvee sal na haar toe kom; hulle moet hulle tente rondom haar opslaan; hulle moet elkeen op sy plek voed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vyandelike skaapwagters sal jou omsingel. Hulle sal rondom jou kamp opslaan en jou weiveld verdeel vir hulle kuddes. |
| Afrikaans 1933/1953 | Herders met hulle troppe vee sal na haar toe kom; hulle slaan tente op teen haar rondom, hulle wei af, elkeen sover as hy kan bykom. |
| Afrikaans 1983 | Konings sal na hom toe kom met hulle leërs, hulle sal hulle tente rondom opslaan om teen die stad te veg, elkeen sal 'n eie stuk inneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Na haar toe sal herders kom met hulle kuddes. Op haar slaan hulle tente op, reg rondom. Elkeen bewei sy strook.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | die konings kom daarnatoe met hulle soldate, soos die skaapboere kom met hulle troppe skape. Hulle slaan hulle tente op rondom die weiveld en elkeen laat wei sy skape op die plek waar hy kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vyandelike troepe sal die stad omsingel. Hulle sal die gebied rondom die stad onder hulleself verdeel en daar kamp opslaan. |