Jeremiah 6:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O dogter van my volk, omgord jou met rouklere en wentel jou in as; laat jou treur soos oor 'n enigste seun, 'n bitter klaaglied, want die verwoester sal skielik oor ons kom.
Afrikaans (NLV) 2011 My volk, trek rouklere aan, en gaan sit in sak en as! Rou en huil met stukkende harte asof ’n enigste kind dood is. Die vernietigende vyand gaan julle skielik aanval!
Afrikaans 1933/1953 Dogter van my volk, omgord jou met 'n roukleed en wentel jou in die as; bedryf rou soos oor 'n enigste kind, 'n bitter rouklag; want skielik kom die verwoester oor ons.
Afrikaans 1983 My volk, trek rouklere aan, rol in die as, treur soos oor die dood van 'n enigste kind, huil bittere trane, want die verwoester is op ons.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dogter van my volk, omgord jou met rouklere en rol in die as! Rou soos oor 'n enigste kind – 'n bittere roubeklag! Want onverwags kom die verwoester oor ons.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My volk, julle moet rouklere aantrek en op die ashoop rondrol. Julle moet huil en treur soos mense treur wanneer hulle enigste kind gesterf het. Julle moet rou, want die vyande kom vinnig, en hulle sal alles verwoes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My volk, trek die klere aan wat julle altyd dra as julle rou. Doen ook wat julle gewoonlik doen as julle rou oor iemand wat dood is. Gaan lê in die as en huil met ’n stukkende hart asof julle enigste kind dood is. Doen dit, want die vyand wat alles voor hom platvee, sal julle skielik aanval!