Jeremiah 6:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan nie die veld in en loop nie op die pad nie; want die swaard van die vyand en vrees is rondom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie waag om in die veld te stap nie! Bly weg van die paaie! Die vyand is gewapen, hulle bring oral vrees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan nie uit in die veld en loop nie op die pad nie; want die swaard van die vyand is daar, skrik rondom! |
| Afrikaans 1983 | Moenie in die veld ingaan nie, moet ook nie met die pad langs loop nie, want die wapens van die vyand jaag oral skrik aan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie na die veld uitgaan nie! Op pad moet julle nie gaan nie! Ja, die vyand het 'n swaard; daar is verskrikking aan alle kante! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie uitgaan uit die stad nie, julle moenie op die paaie loop nie, want die vyande kom met hulle swaarde, en hulle sal oral wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie waag om in die veld te stap nie! Bly weg van die paaie af! Die vyand is gewapen en terroriseer mense oral. |