Jeremiah 6:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons het die gerug daarvan gehoor: ons hande het slap geword; benoudheid het ons aangegryp en pyn soos van 'n baarende vrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het berigte gehoor oor die vyand. Dit maak ons lam van vrees. Vrees en pyn oorval ons soos geboortepyne wat ’n vrou ervaar.
Afrikaans 1933/1953 Ons het die gerug daarvan gehoor, ons hande het slap geword, benoudheid het ons aangegryp, smart soos van een wat baar.
Afrikaans 1983 Ons het die gerug oor hulle gehoor, ons hande hang slap, angs het ons beetgepak, benoudheid soos die pyn van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het die gerug oor hulle gehoor; ons moed het ons begewe. Benoudheid het ons beetgepak, angs soos wanneer 'n vrou geboorte gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Jerusalem het gesê: “Toe ons hoor hierdie vyande kom, het ons groot geskrik, ons was so bang soos 'n vrou voor sy 'n baba kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het stories gehoor oor hierdie wrede vyand. Ons is skoon lam van vrees vir hulle. Ons is baie benoud. Dit is soos die pyn wat ’n vrou ervaar as sy op die punt is om aan ’n kind geboorte te gee.