Jeremiah 6:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal boog en spies gryp; hulle is wreed en ontferm hulle nie; hulle stem dreun soos die see; en hulle ry op perde, opgestel as manne vir oorlog teen jou, o dogter van Sion! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is gewapen met pyl en boog en spiese. Hulle is wreed en toon geen genade nie. As hulle ruiters optrek, klink dit soos die gedruis van die see. Jerusalem, soldate trek op in formasie, gereed om jou te vernietig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle stem bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos 'n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Sion! |
| Afrikaans 1983 | Hulle is gewapen met pyl en boog en swaard, hulle is wreed en hulle spaar niemand nie. Hulle krygsgeskreeu dreun soos die see, hulle kom aan op hulle perde, hulle soldate is reg vir die aanval op jou, Sion. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Boog en kromswaard hou hulle gereed; harteloos is hulle, en genadeloos. Hulle klink soos die see wat dreun, op perde ry hulle; hulle is manne wat in 'n gevegslinie opgestel is teen jou, dogter van Sion.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elkeen het 'n pyl en boog en 'n spies in sy hand. Hulle is wrede mense, hulle is vir niemand jammer nie. Wanneer hulle skree, dan is dit soos die see wat hard raas. Hulle ry op perde en hulle is gereed om oorlog te maak teen julle, mense van Sion.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is baie goed gewapen. Verder is hulle bekend vir hulle wreedheid. Hulle het geen genade vir niks en niemand nie. As hulle leër so optrek op hulle perde, klink dit soos die gedruis van die see. Hulle soldate is reg om jou te vernietig, Jerusalem.” |