Jeremiah 6:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Kyk, daar kom 'n volk uit die noordelike land, en 'n groot nasie sal opstaan uit die uithoeke van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Kyk, ’n leër kom uit die noorde. Dis ’n sterk nasie uit ’n verafgeleë land. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Kyk, daar kom 'n volk uit die Noordland, en 'n groot nasie word opgewek uit die agterhoeke van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | So het die Here gesê: Kyk, 'n volk kom uit 'n land in die noorde, 'n groot nasie staan op in 'n uithoek van die aarde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “Kyk, 'n volk kom uit 'n land in die noorde; 'n groot nasie is wakker gemaak by die uithoeke van die aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Daar sal nou 'n volk kom uit 'n land in die noorde. Dit is 'n groot volk wat uit 'n ver land sal kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Kyk, ’n baie sterk mag kom uit die noorde na Israel toe. Die land waar hulle vandaan kom, is ver van hier af. |