Jeremiah 6:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek lê struikelblokke voor hierdie volk, en die vaders en die seuns saam sal op hulle val; die naaste en sy vriend sal omkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê die Here: “Ek bring struikelblokke op die pad van my volk. Pa’s en seuns sal daaroor val. Bure en vriende sal saam omkom.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek gooi struikelblokke voor hierdie volk waaroor hulle sal struikel, vaders en seuns tesame; die buurman en sy vriend sal omkom.
Afrikaans 1983 Daarom sê die Here: Kyk, Ek lê in die pad van hierdie volk struikelblokke dat hulle daaroor kan val; vaders en kinders, vriende en bure sal omkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê die Here: “Kyk, Ek gaan voor hierdie volk struikelblokke lê waaroor hulle sal val – ouers en kinders saam; bure en vriende sal ten gronde gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, die Here sê: “Ek sal nou dinge laat gebeur wat hierdie volk sal laat sterf. Pa en seun, buurman en vriend sal saam sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sê die Here: “Ek sal stuikelblokke in die pad van hierdie volk bring waaroor hulle sal val. Ouers en hulle kinders sal hieroor val. Ook hulle bure en vriende sal sterf.”