Jeremiah 6:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Was hulle skaam toe hulle gruwels gepleeg het? ja, hulle was glad nie beskaamd nie en kon nie bloos nie; daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd wat Ek hulle besoek, sal hulle neergewerp word, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Is hulle enigsins skaam oor die gruwels wat hulle doen? Nee, hoegenaamd nie! Hulle weet nie eers hoe om te bloos nie! Daarom sal hulle tussen die gesneuweldes lê. Hulle sal verneder word wanneer Ek hulle straf,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie, tog weet hulle nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek aan hulle besoeking doen, sal hulle struikel, sê die HERE.
Afrikaans 1983 Wanneer hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het, skaam hulle hulle nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie. Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle; wanneer Ek hulle straf, sal hulle omkom, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Staan hulle beskaamd omdat hulle afstootlik opgetree het? Hulle skaam hulle hoegenaamd nie, ken selfs geen skaamte nie. Daarom sal hulle val onder die gesneuweldes; in die tyd wanneer Ek hulle tot verantwoording roep, sal hulle tot 'n val kom,” het die Here gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het slegte dinge gedoen wat Ek haat, maar hulle het nie skaam geword nie, hulle is nie jammer nie. Daarom sal hulle ook sterf in die oorlog. Ek sal hulle straf, en hulle sal sterf.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is hulle enigsins skaam as hulle uitgevang word oor die gruwels wat hulle gedoen het? Glad nie! Hulle bloos nie eens omdat hulle skaam is nie. Daar is nie hoop vir hulle nie. Hulle sal ondergaan net soos ander mense voor hulle ondergegaan het. Dit sal hulle einde wees wanneer Ek hulle die dag straf,” sê die Here.