Jeremiah 6:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want van die geringste onder hulle tot die grootste van hulle is elkeen aan hebsug oorgegee; en van die profeet af tot die priester handel almal vals. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Almal, van die eenvoudigste tot die vernaamste mense, probeer rykdom bekom op ’n onregmatige manier. Selfs die profete en priesters doen oneerlike dinge! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog. |
| Afrikaans 1983 | Almal, klein en groot, wil hulleself net verryk, almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ja, klein en groot maak almal onregverdige wins. Van profeet tot priester – hulle almal pleeg bedrog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want almal, kinders en grootmense, wil ryk word van ander mense se goed. Die profete en priesters bedrieg my volk, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Almal, van die eenvoudigste tot die vernaamste mense, probeer op ’n skelm manier ryk word. Selfs ook die profete en die priesters doen oneerlike dinge. |