Jeremiah 6:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle huise sal na ander oorgedra word, met hulle landerye en vroue saam; want Ek sal my hand uitstrek teen die inwoners van die land, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vyand sal kom en hierdie mense se huise, landerye en vroue afvat. Ek sal die inwoners van hierdie land straf,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle huise sal oorgaan op ander mense, landerye en vroue, alles tesame; want Ek sal my hand uitstrek teen die inwoners van die land, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle huise sal ander mense s'n word, en ook hulle lande en hulle vrouens, want Ek gaan die inwoners van die land straf, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle huise sal na ander oorgaan, hulle landerye en vroue daarmee saam. Want Ek steek my hand uit teen die inwoners van die land,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ander mense sal hulle huise kom vat, en ook hulle grond en hulle vroue. Ja, Ek wil die mense van Jerusalem straf, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vyand sal kom en hierdie mense wat My so kwaad maak se huise vat. Hulle sal ook hulle landerye afvat en wat meer is, ook hulle vroue. Ek sal die burgers van hierdie land straf,” sê die Here. |