Jeremiah 6:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom is ek vol van die grimmigheid van die HERE; Ek is moeg om vas te hou: Ek sal dit uitgiet oor die kinders in die buiteland en oor die vergadering van die jongmanne saam; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die woede van die Here brand in my. Ek kan dit nie langer inhou nie! Ek stort dit uit op kinders in die straat en ook jongmense waar hulle bymekaarkom. Sowel mans as vroue en oumense sal getref word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom is ek vol van die grimmigheid van die HERE; ek het my moeg gemaak om uit te hou. Giet dit uit oor die kinders op die straat en oor die versameling van jongmanne, oor almal; want ook die man saam met die vrou sal gevang word, die grysaard saam met die oue van dae. |
| Afrikaans 1983 | Die toorn van die Here brand in my, ek kan dit nie verduur nie! Giet dit uit op die kinders in die straat en op die jongmanne waar hulle bymekaarkom; laat mans én vrouens daardeur verteer word, selfs mense wat grys is, wat baie oud is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek is met die woede van die Here vervul; ek is moeg daarvan om my in te hou. “Stort dit uit oor kinders op straat, en tegelyk oor die groep jongmense. Ja, mans sowel as vroue sal gevange geneem word, oues saam met bejaardes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek moet vir hulle sê die Here is kwaad, ek kan nie stilbly nie. Die Here het gesê: “Praat met die kinders in die strate, en met die jongmanne waar hulle bymekaar is. Praat met mans en vroue en met oumense, ook met die oumense wat baie oud is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek kan aanvoel hoe kwaad die Here vir hulle moet wees. Ek kan my woede nie langer inhou nie. Die Here sê: “My woede gaan uitbars oor Jerusalem. Laat die kinders wat in die strate speel, mooi verstaan hoe kwaad Ek is, ook die jongmense, waar hulle ook al bymekaar is. Ek sal ook nie mans, vroue, oupas en oumas spaar nie. |