Jeremiah 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met wie sal ek spreek en waarsku, dat hulle kan hoor? kyk, hulle oor is onbesnede, en hulle kan nie luister nie; kyk, die woord van die HERE is vir hulle 'n smaad; hulle het geen behae daarin nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Met wie sal Ek praat? Wie sal luister as Ek ’n waarskuwing gee? Hulle ore is toe, hulle kan nie luister nie. Hulle minag die woorde van die Here, hulle vind geen vreugde daarin nie.
Afrikaans 1933/1953 Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die HERE is vir hulle 'n smaad, hulle het daar geen behae in nie.
Afrikaans 1983 Met wie sal ek praat, wie sal ek waarsku, wie sal na my luister? Hulle ore is doof, hulle is nie in staat om te hoor nie. Hulle praat smalend oor die woord van die Here, dit kan hulle nie skeel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met wie moet ek praat? Wie moet ek as getuies roep, sodat hulle kan luister? Kyk, onbesnede is hulle ore, sodat hulle nie kan ag gee nie. Kyk, die woord van die Here het vir hulle 'n bespotting geword; hulle aanvaar dit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Met wie moet ek praat, wie sal na my luister wanneer ek hom waarsku? Die mense van Jerusalem wil nie hoor wat ek sê nie, hulle wil nie luister nie. Hulle hou nie van die woorde van die Here nie, hulle spot met sy woorde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met wie sal ek praat? Wie sal luister as ek ’n waarskuwing gee? Dit lyk of hulle ore toe is, want hulle luister nie na wat ek te sê het nie. Hulle maak grappies van wat die Here sê en neem nie sy woorde ernstig op nie.