Jeremiah 6:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O kinders van Benjamin, kom bymekaar om uit Jerusalem te vlug en op die basuin te blaas in Tekoa en 'n teken van vuur op te rig in Bet-Hakkerem, want onheil verskyn uit die noorde en groot verwoesting.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mense van Benjamin, vlug weg uit Jerusalem! Blaas die trompet in Tekoa! Stuur rookseine op in Bet-Hakerem! Waarsku almal dat ’n groot mag uit die noorde op pad is en groot skade gaan aanrig.
Afrikaans 1933/1953 Vlug, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit; en blaas die basuin in Tekoa, en hef 'n vuurteken op bo Bet-Hakk,rem; want onheil dreig uit die Noorde en groot verwoesting.
Afrikaans 1983 Mense van Benjamin, gaan soek veiligheid buite Jerusalem, blaas die ramshoring in Tekoa, gee vuurseine by Bet-Kerem, want daar dreig onheil uit die noorde, 'n groot ramp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Soek skuiling, mense van Benjamin, weg van Jerusalem af; blaas selfs in Tekoa 'n •ramshoring! Stuur 'n rooksein op bokant Bet-Hakkêrêm! Want onheil doem op uit die noorde – 'n groot ineenstorting dreig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Mense van Benjamin, julle moet vlug uit Jerusalem. Julle moet die ramshoring blaas in die stad Tekoa en in die stad Bet-Kerem moet julle rook maak om mense te waarsku, want die vyande kom uit die noorde, en dit sal sleg gaan met julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense van Benjamin, maak dat julle wegkom uit Jerusalem uit! Maak alarm om die mense van Tekoa te waarsku! Stuur rookseine op van Bet-Kerem af! Sorg dat almal gewaarsku is: ’n Baie groot mag is uit die noorde uit op pad en sal groot skade aanrig.