Jeremiah 52:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle die koning geneem en hom na die koning van Babel na Ribla in die land Hamat gebring; waar hy oordeel oor hom gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Sedekia gevang en hom na koning Nebukadnesar in Ribla, in die Hamatgebied, gebring. Koning Nebukadnesar het hom daar verhoor.
Afrikaans 1933/1953 Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Babel, na Ribla, in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.
Afrikaans 1983 en hy is gevang en na die koning van Babel toe gevat in Ribla, in Hamat. Die koning van Babel het vir Sedekia verhoor
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het die koning gevange geneem en hom opgevat na die koning van Babilonië, na Ribla in die land Hamat, en hy het vonnisse oor hom uitgespreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Galdeërs het vir koning Sedekia gevang en hulle het hom geneem na die koning van Babel in die stad Ribla, in die land Hamat. Daar het die koning van Babel besluit hoe hy vir Sedekia wil straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Sedekia gevang en hom na koning Nebukadnesar wat in Ribla was, gebring. Ribla was in die Hamatgebied. Koning Nebukadnesar het hom daar verhoor en besluit wat van hom sou word.