Jeremiah 52:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagesit en Sedekía ingehaal in die vlaktes van Jerigo; en sy hele leër is van hom af verstrooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Babiloniërs het hulle agtervolg. Hulle het koning Sedekia ingehaal op die vlakte naby Jerigo. Daar is sy leër van hom geskei en hulle het in alle rigtings gespat.
Afrikaans 1933/1953 Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en Sedek¡a in die vlaktes van J,rigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi.
Afrikaans 1983 maar die Galdese leër het vir koning Sedekia agtervolg en hom ingehaal op die Jerigovlakte. Sy hele leër was toe al uitmekaar gejaag, weg van hom af,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die leër van die Galdeërs het die koning agternagesit. Hulle het Sedekia op die vlaktes by Jerigo ingehaal. Sy hele leër het verstrooi geraak, weg van hom af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en die soldate van die Galdeërs het vir koning Sedekia gevolg en gejaag. Hulle het hom gekry op die gelyk grond by Jerigo. Al sy soldate het weggehardloop van hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Babiloniërs het hulle agtervolg. Hulle het koning Sedekia op die vlakte naby Jerigo ingehaal. Daar het sy leër hom gelos en in alle rigtings gespat.