Jeremiah 52:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe is die stad opgebreek, en al die krygsmanne het gevlug en in die nag uit die stad uitgetrek deur die poort tussen die twee mure wat by die koning se tuin was; En die Chaldeërs was by die stad rondom, en hulle het op pad na die vlakte gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe in ’n gedeelte van die stadsmuur ’n gat deurgebreek. Hoewel die Babiloniërs die stad omsingel het, het die soldate in die nag uit die stad probeer ontsnap. Hulle het by ’n hek tussen die twee mure, agter die koningstuin, uitgegaan en in die rigting van die Jordaanvallei gevlug.
Afrikaans 1933/1953 is in die stad ingebreek, en al die krygsmanne het gevlug en in die nag uit die stad getrek deur die poort, tussen die twee mure wat by die koning se tuin is, terwyl die Chaldeërs rondom teen die stad was; en hulle het getrek op pad na die Vlakte toe.
Afrikaans 1983 Toe is daar 'n opening in die muur gebreek, en al die soldate het gevlug. Hulle is in die nag deur die poort tussen die twee mure langs die Koningstuin, hoewel daar Galdeërs rondom die stad was. Die soldate het in die rigting van die Jordaanvallei gevlug,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) is 'n bres in die stadsmuur geslaan. Al die krygsmanne het gevlug en in die nag met die pad deur die poort tussen die twee mure by die koning se tuin uit die stad gegaan, terwyl die Galdeërs oral om die stad was. Hulle het in die rigting van die Araba gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die soldate van Babel het die muur van die stad gebreek en in die stad gekom. Al die soldate van Jerusalem het gevlug. Hulle het in die nag uit die stad gegaan deur die poort tussen die twee mure by die koning se tuin, en toe het hulle verder gegaan na die Jordaan-vallei. Die Galdeërs was rondom die stad,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe is daar in ’n gedeelte van die stadsmuur ’n gat deurgebreek. Die Babiloniërs was nou wel oral rondom die stad, maar in die nag het die soldate uit die stad probeer ontsnap. Hulle het by ’n hek wat tussen die twee mure was, agter die tuin van die koning, uitgegaan. Toe het hulle oor die veld in die rigting van die Jordaanvallei gevlug.